Scholarly article on topic 'The South African National Survey of Arachnida (SANSA): A wealth of information now available'

The South African National Survey of Arachnida (SANSA): A wealth of information now available Academic research paper on "Biological sciences"

CC BY
0
0
Share paper
OECD Field of science
Keywords
{""}

Academic research paper on topic "The South African National Survey of Arachnida (SANSA): A wealth of information now available"

Page 1 of 1

Refera atopsomming

Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA): 'n Rykdom van biodiversiteit data nou

beskikbaar

Authors:

A.S. Dippenaar-Schoeman1 C. Haddad2

Affiliations:

'Biosystematics: Arachnological, ARC-Plant Protection Research Institute, South Africa

department of Zoology, University of the Free State, South Africa

Correspondence to:

A.S. Dippenaar-Schoeman

Email:

dippenaara@arc.agric.za

Postal address:

Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa

How to cite this abstract:

Dippenaar-Schoeman, A.S. & Haddad, C„ 2013, 'Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA): 'n Rykdom van biodiversiteit data nou beskikbaar', Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Natuurwetenskap en Tegnologie 32(1), Art. #793,1 page, http://dx.doi. org/10.4102/satnt.v32il.793

This paper was initially delivered at the Annual Congress of the Biological Sciences Division of the South African Academy for Science and Art, ARC-Plant Protection Research Institute, Roodeplaat, Pretoria, South Africa on 01 October 2010.

Copyright:

© 2013. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.

The South African National Survey of Arachnida (SANSA): A wealth of information now available. Through SANSA all data on South Africa has been collated into one database and a wealth of information is now available.

Inligting oor die diversiteit van spinnekoppe in Suid-Afrika het die laaste paar jaar geweldig toegeneem, veral met data wat versamel word tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Opname van Arachnida (SANSA). Hierdie projek is sedert 1997 aan die gang, maar dit is veral gedurende die tweede fase wat in 2006 begin het, met befondsing voorsien deur die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut (SANBI) deur hulle Bedreigde Spesies Program, dat groot insette gemaak kon word. SANSA is 'n nasionale sambreel-projek met die hoofdoel om die arachnid-diversiteit van Suid-Afrika te dokumenteer en 11 instansies is tans betrokke by die projek.

Analises van bestaande verspreidingdata van die arachnids is eers gedoen om vas te stel watter areas nog glad nie, of onder-versamel is. SANSA spanne het hierdie gebiede besoek en Arachnida volgens 'n standaard protokol versamel. Materiaal is ook ontvang van verskeie studente-projekte, vangste gemaak deur navorsers van ander navorsingsprojekte, persone in natuurreservate en dan ook die publiek. Die publiek maak ook groot bydraes deur foto-skenkings. A1 hierdie data is saamgevat in 'n relasie-databasis en die eerste volledige atlas van groter as 2000 spinnekop spesies sal eersdaags beskikbaar wees. Hierdie data sal gebruik word om spesies te evalueer vir die eerste Rooidatalys vir spinnekoppe. Die eerste lys van endemiese spesies is ook nou beskikbaar en dit word reeds deur SANBI gebruik in hulle 2010 Suid-Afrikaanse Ruimte-skatting [South African Spatial Assessment],

Op die gebied van bio-informatika is daar twee modules van die databasis aan die publiek beskikbaar vanaf die LNR se webwerf. Die Afrika Arachnologiese Databasis bevat inligting oor al die families, genera en spesies wat in die Afrotropiese Wyk voorkom. Die databasis bevat illustrasies asook foto's van die verskillende taksa. Feiteblaaie kan gedruk word met al die inligting oor die taksonomie, morfologie, gedrag en verspreiding. Die Feitlike Museum [Virtual Museum] bevat al die foto's wat ontvang word, is beskikbaar op die webwerf en kan onder die naam van die fotograaf, wetenskapike naam asook gewone naam van die spinnekop opgespoor word. Hierdie datastel lok groot belangstelling uit en meer as 2000 foto's is reeds beskikbaar. Verskeie produkte soos handboeke, CD's en muurplakkate is reeds as deel van SANSA ontwikkel.

Die groot getal spinnekoppe (> 10 000 per jaar) wat beskikbaar is, word ook in verskeie taksonomiese hersienings gebruik beide deur navorsers en nagraadse studente en meer as 30 taksonomiese artikels het sedert 2006 die lig gesien en meer as 120 nuwe spesies is beskryf. Fondse is ook beskikbaar om oorsese spesialiste te nooi om taksonomiese navorsing in Suid-Afrika te doen. Suid-Afrika het 'n besonder ryk invertebraat-fauna wat nog grootliks onbekend is. SANSA kan as 'n model dien van hoe navorsers moet saamwerk om groepe te dokumenteer en bestudeer op nasionale vlak.

Read online:

Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.

http://www.satnt.ac.za

doi:10.4102/satnt.v32il.793

Copyright of Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie is the property of African Online Scientific Information System PTY LTD and its content may not be copied or emailed to multiple sites or posted to a listserv without the copyright holder's express written permission. However, users may print, download, or email articles for individual use.